Vrou in hegtenis in verband met meer as ’n halfmiljoen rand se dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Vrou (38) is in hegtenis geneem en meer as ’n halfmiljoen rand se dwelms is gekonfiskeer.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Donderdag 30 September 2021 omstreeks 19:00 het die polisie patrollie gedoen en ’n verdagte Chevrolet-bakkie van Connolystraat in Beaconsfield tot in Chris Hani Park in Galeshewe gevolg.

Polisielede het die bakkie naby die Galeshewe-daghospitaal afgetrek waarna die drywer van die bakkie uitgespring en weggehardloop het.

Die polisie het die bakkie deursoek en 3764 Mandrax-pille gekonfiskeer. Die vroulike passasier is in hegtenis geneem.

Die polisie het ook ’n onbekende bedrag kontant, sowel as die bakkie, gekonfiskeer. Die totale straatwaarde van die dwelms word geskat op R550 000.

Die verdagte sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Kimberley Online Co. 1 Oktober 2021