15-jarige glo deur pasiënt in Stellenbosch-hospitaal verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

STELLENBOSCH. – Die LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap, Nomafrench Mbombo, het Stellenbosch-hospitaal besoek na die bewerings dat ‘n 15-jarige meisie glo deur ‘n pasiënt in die hospitaal verkrag is.

Mbombo het tydens haar besoek aan die hospitaal in ‘n mediaverklaring gesê sy is bewus van die bewerings wat gemaak word. In haar toespraak sê sy die slagoffer was ‘n pasiënt van die hospitaal. Verdere inligting oor die slagoffer kan nie gegee nie word nie as gevolg van vertroulikheid van pasiënte en omdat sy nog minderjarig is.

Sy sê verder die kommunikasiegaping tussen die hospitaal en die departement het veroorsaak dat die saak nie dadelik aangemeld is nie.

“‘n Hospitaal is ‘n plek van veiligheid. Alhoewel die voorval nie mediese personeel insluit nie, bly staan die feit dat dit by ‘n hospitaal gebeur het. Hierdie is lesse wat geleer moet word, sodat so iets nie weer in die toekoms sal gebeur nie.”

FiND iT het navraag by die LUR vir gesondheid gedoen met spesifieke vrae oor die voorval, maar wag nog op terugvoer.

LEES OOK: Inligting gesoek na valskermswewer by Leeukop sterf

LEES OOK: Heilbron-boer dood deur plaaswerker aangetref

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.