‘n Verdagte (45) is Donderdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis ná hy skuldig bevind is daaraan dat hy stukke by die Outeniqua Transport-museum op George gesteel en ander beskadig het.
Die polisie sê in ‘n verklaring dit het in Desember 2020 aan die lig gekom dat van die stoomlokomotiewe wat by dié museum uitgestal was, gesteel en ander beskadig is.
‘n Ondersoek is geloods en die verdagte is kort voor lank in hegtenis geneem.
Dié verdagte is in Augustus vanjaar in hegtenis geneem vir diefstal en beskadiging van eiendom.
Hy mag ook nooit weer ‘n vuurwapen besit nie.



