Vrou in agterste sitplek van motor vasgekeer na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Vrou (44) is met kritieke beserings na ‘n hospitaal gevlieg nadat sy en ‘n man in ‘n ongeluk by die kruising van die R82 en R54 in Vereeniging betrokke was.

Die motor waarin die man en die vrou gery het, het gisteraand met ‘n vragmotor gebots. ER24 paramedici het om 19:12 op die toneel opgedaag. Die manlike bestuurder van die motor het op die toneel rondgeloop terwyl die vrou vasgekeer in die agterste sitplek van die motor was.

Vrou in ongeluk per helikopter vervoer

Die bestuurder het ligte beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel behandel en na Mediclinic in Vereeniging vervoer. Die brandweer en ander nooddienste het die kritiek beseerde vrou uit die wrak bevry en gestabiliseer.

Die vrou is daarna geïntubeer en per mediese helikopter na ‘n privaat hospitaal vir verdere sorg gevlieg.

LEES OOK: Ses mense, waaronder drie kinders, dood na vragmotor glo U-draai maak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.