Vierjarige meisie tydens vermeende bendekonflik doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

GRASSY PARK. – Die polisie ondersoek die dood van ‘n vierjarige kind en vra die hulp van die publiek om hierdie “genadelose moordenaars” op te spoor sodat hulle vervolg kan word.

“Gisteraand, om 18:50, is ‘n vierjarige meisie in ‘n Wendy-huis op die hoek van Bruce- en Edwardstraat, Woodgate Court, Ottery geskiet en gewond tydens vermeende bendekonflik. Sy is in die hospitaal opgeneem waar sy beswyk het,” sê Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Tydens dieselfde voorval het ‘n 48-jarige man ‘n skietwond opgedoen en is hy ook in die hospitaal opgeneem.

Drie verdagtes wat van die toneel gevlug het, word gesoek. Daar word geglo dat mededingende bendes op mekaar geskiet het en dat die meisie in die kruisvuur vasgevang was.

Enigiemand wat die polisie kan bystaan met inligting, of weet waar die verdagtes is, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.