Poskantoorwerker ‘gedwing’ om aan rooftog by poskantoor deel te neem

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. -Die Maclear-speurdereenheid is verheug nadat Sinethemba Zungula (36) lewenslank weens moord gevonnis is. Dit volg nadat hy en nog verdagtes ‘n poskantoor beroof het.

Daar word beweer dat drie mans op 15 Januarie 2019, om 08:40, die Maclear-poskantoor beroof het. In daardie stadium was een van die verdagtes ‘n werknemer by die poskantoor.

“Die twee verdagtes het ‘n onbekende bedrag kontant gesteel en ‘n Telkom-voertuig gekaap wat op dieselfde perseel was. Die polisie het gejaag totdat hulle die voertuig verlate op ‘n grondpad gevind het. Die verdagtes het van daar te voet gevlug,” sê kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder.

Die jaagtog het voortgeduur en tydens ‘n skietgeveg met die polisie is een van die verdagtes noodlottig gewond. Hy is as Sonwabile Somyalo (40) geïdentifiseer.

“‘n Geweer is langs die lyk van die oorledene gevind. Die oorblywende verdagte kon egter nie in daardie stadium opgespoor word nie. Na intense ondersoeke is hy later in hegtenis geneem.”

Hy het die ondersoekspan na die oorblywende verdagte, wat aanvanklik weggekom het, gelei.

Op 19 Februarie 2019 is die tweede verdagte Sinethemba Zunula (36) van Chulunga, Qumbu, in hegtenis geneem.

Op 21 September 2021 is die beskuldigde, Sinethemba Zunula (36), in die hooggeregshof in Grahamstad skuldig bevind en soos volg skuldig bevind:

1: Roof – 20 jaar

2: Moord (as gevolg van sy medebeskuldigde wat deur die polisie geskiet is)- lewenslange gevangenisstraf

3: Poging tot moord- 10 jaar

4: Poging tot moord – 10 jaar

5: Besit van vuurwapen – 10 jaar

6: Besit van ammunisie – 5 jaar

Die poskantoorwerker is onskuldig bevind bloot omdat hy die verduideliking gegee het dat hy gedwing is om aan die rooftog deel te neem.

LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.