En die gelukkige wenner is…

Deel hierdie storie / Share this story

Bloemfontein Online Co., in samewerking met Bodies by Design, het oor die afgelope maand ‘n kompetisie gehou vir ‘n gelukkige wenner wat 30 dae saam met Nicole Daamen, persoonlike afrigter van Bodies by Design, wen.

Ons het vandag baie goeie nuus. Daar is nie net een wenner nie, maar DRIE!

Ons wenner, Bernice Vorster, wen 30 dae saam met Nicole Daamen om haar lyf reg te kry vir die somer. Nicole sal vir Bernice ‘n oefen- en eetprogram vir 30 dae uitwerk en saam met haar daardeur werk.

Karlin Schlebusch, ons naaswenner, wen twee weke se uitgewerkte oefenprogram en sessies saam met Nicole en ontvang ook ‘n eetplan van Bodies By Design in Bloemfontein.

Amanda Prinsloo Pienaar, ons derde wenner, wen ook ‘n uitgewerkte eetplan saam met een week se gratis oefensessies by Bodies by Design – Bloemfontein.

Ons wenners kan vir Landi by 066 122 8594 kontak.