MCC-lede beplan nié ‘shutdown’ in Bloemfontein nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van die Mangaung Concerned Community (MCC) het vanoggend by die Vrystaat-rugbystadion Waterfront bymekaargekom omdat hulle wou seker maak dat die metropolisie se bekendstelling nié plaasvind nie.

Themba Zweni, woordvoerder vir MCC, het aan FiND iT gesê hulle het glad nie ‘n “shutdown” of ‘n optog beplan nie, maar wou net by die stadion bymekaarkom om te verseker die bekendstelling vind nie plaas nie.

Volgens Zweni tree MCC op namens inwoners wat ongelukkig is dat daar geld bestee word aan die metropolisie, maar nie aan belangrike sake soos slaggate en rioolwater wat “in die strate van Bloemfontein loop” nie.

“Ons voel nie die metropolisie is nou ‘n prioriteit terwyl daar soveel ander goed is wat die munisipaliteit se aandag nodig het nie,” sê Zweni. “Die munisipaliteit is veronderstel om aandag te gee aan die inwoners se probleme soos rioolwater, slaggate en ander probleme met die infrastruktuur.”

Daar was 14 MCC-lede vanoggend by die stadion.

Die metropolisie se bekendstelling is intussen uitgestel.