Polisie neem drie in hegtenis oor vuurwapens, ammunisie en dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Wes-Kaap het, in ‘n poging om die verspreiding van onwettige vuurwapens en ammunisie te bekamp, drie verdagtes in hegtenis geneem.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die een verdagte (42) is in Buiten Crescent Scottsdene, in Kraaifontein, vasgetrek. “Die polisie was besig met patrollie toe hulle die verdagte op ‘n fiets gesien het. Toe hy die polisie gewaar, het hy op die fiets probeer wegry, maar die polisie het hom voorgekeer en glo in die besit van ‘n onwettige vuurwapen, ammunisie en tik gevind.

Lede van die polisie se anti-bende-afdeling het ook ‘n 28-jarige verdagte in hegtenis geneem ná hulle sy perseel vanoggend vroeg deursoek en tik ter waarde van R100 000 in sy besit gevind het.

Dieselfde lede het ook ‘n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die vermeende besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se nuutste uitgawe is hier