PRETORIA. – Die Valke het gister ‘n operasie uitgevoer na berigte oor ‘n gewapende rooftog by ‘n winkelsentrum in die Motsa-nedersetting in KwaMhlanga.
“Die Valke het saam met ander veiligheidsagentskappe die verdagtes agtervolg wat in twee voertuie om die hoek van Solomon Mahlangu- en Zambeziweg gery het toe die verdagtes na bewering verskeie skote afgevuur het,” volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder.
Rooftog by winkelsentrum
Die verdagtes in ‘n VW Polo het beheer oor die voertuig verloor en’n ongeluk gemaak. Van die verdagtes het daarin geslaag om weg te kom terwyl drie verdagtes in ‘n minibustaxi in hegtenis geneem is.
Twee vuurwapens, ‘n seinblokkeerder, kontant en selfone wat na bewering tydens die rooftog gesteel is, is gevind. Beslag is op die wegkomvoertuie gelê vir verdere ondersoek. Die verdagtes sal aangekla word van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
“Die VW Polo is ook positief verbind met die rooftog van verlede week op ‘n sakeperseel in Valhalla.”
Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn.
LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie
LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



