Bejaarde gooi beweerde gewapende rower met pot

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde (73) word geprys vir jaar braafheid nadat sy ‘n vermeende rower wat glo met ‘n panga gewapen was, met ‘n pot gegooi het. Dit het hom die hasepad laat kies.

Reaction Unit South Africa (RUSA) sê in ‘n verklaring hulle is gister om 14:20 na die huis in Palmview, Phoenix deur die dogter van die slagoffer ontbied. Die dogter het opgedaag toe die verdagte uit die huis gehardloop gekom het.

Bejaarde gooi rower toe hy glo handsak gryp

“Reaksiebeamptes het na die verdagte gesoek, maar kon hom nie kry nie. Hy word beskryf as slank, lank en geklee in ‘n blou hemp, blou jeans en ‘n grys mus,” lui die verklaring verder.

Die verdagte het glo die huis deur die kombuis binnegedring. Binne-in die huis het hy die bejaarde in die slaapkamer gesien sit. Hy het geld van haar geëis. Sy het om hulp geskree en dis toe dat hy na bewering haar handsak gryp en na die kombuis hardloop. Die slagoffer het hom agternagesit, ‘n pot gegryp en na hom gegooi.

Die verdagte het te voet van die toneel gevlug. Die vrou is ongedeerd.

LEES OOK: Ma sterf, pa en 4-jarige oorleef ongeluk

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.