DOUGLAS. – Die moord op Keith Vermeulen, wie se liggaam op 28 Maart 2021 in ’n veld naby Schmidtsdrift in die Noord-Kaap gevind is, word steeds ondersoek.
Vermeulen se liggaam is deur ’n skaapwagter gevind en hy was glo vir ’n onbepaalde tyd vermis voordat hy gevind is.
Vermeulen het glo saam met ‘n seun (16) op sy familieplaas, Mosesberg, naby Schmidtsdrift, gaan jag.
Die verdagte is twee dae later, op 30 Maart 2021, in hegtenis geneem. Aanvanklik is vermoed Vermeulen was die slagoffer van ‘n plaasaanval nadat hy met ‘n skietwond in sy kop gevind is.
Die minderjarige verdagte is later op R500 borgtog vrygelaat.
Die saak word steeds ondersoek en sal 30 September 2021 in die landdroshof op Douglas voortgaan.
LEES OOK: Suid-Afrikaners versterk sekuriteit soos huisbrake die hoogte inskiet



