MOTHIBISTAD. – Daar kan na verwagting nog persone in hegtenis geneem word wat glo verband kan hou met die polisielede wat op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem is.
Sers. Joy Makoke (37) en konst. Walter Setidisho (31) is in hegtenis geneem en het gister vlugtig in die Mothibistad-landdroshof verskyn.
Die lede het glo die polisie se blou ligte, wat van polisiemotors afgehaal kan word, gebruik om motoriste van geld, selfone en ander items op die N14 met behulp van wapens te beroof.
Hulle is in aanhouding en sal weer op 28 September 2021 vir formele borgtogaansoek verskyn.
Lees die vorige artikel hier.



