‘n Reuse ongeluk het vanoggend op die N12 voor die afdraai na Beefmaster plaasgevind.
‘n Yonder-bussie en ‘n silwer bakkie was in die ongeluk betrokke.
Een van die omstanders het aan FiND iT gesê dat niemand oorlede is nie, maar dat mense ernstig seergekry het.
‘n Persoon het ook in die bussie vasgesit en moes uitgehaal word.



