Weermaglid voor huis vermoor, twee in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat Nondumiso Nicollin Mabila (30), wat as lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gewerk het, op 9 September 2021 wreed vermoor is.

Twee verdagtes is deur lede van die polisie op Tonga in hegtenis geneem en het reeds in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Die polisieverslag dui aan dat die SANW-lid op genoemde dag in volle uniform was en in die vroeë oggendure haar huis verlaat het werk op pad werk toe.

“Daar word gesê dat sy, net toe sy uit die huis verlaat het, glo deur verdagtes aangeval is en met ‘n mes gesteek is. Die verdagtes het toe van die toneel gevlug,” sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.

Weermaglid vermoor voor huis gevind

‘n Familielid van die weermaglid is toe in kennis gestel dat daar iets verdag was by haar huis. Met sy aankoms het hy die vrou vermoor in ‘n plas bloed gevind. Die polisie en mediese personeel is in kennis gestel en met hul aankoms op die toneel is die vrou deur die paramedici dood verklaar.

‘n Moordsaak is geopen en die polisie van Tonga het onmiddellik begin met hul ondersoek wat gelei het tot die inhegtenisneming van Thabo Mambane (21) en Ndumiso Mabila (31). Die twee sal in aanhouding bly en weer op 27 September 2021 in die hof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.

LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.