Familie van man wat dood in bosse gevind is, gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Die polisie is besig om die familie van ‘n man op te spoor wat op 15 September in bosse in Addoweg gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat die polisie op 15 September omstreeks 20:15 inligting ontvang het oor ‘n lyk in die bosse in Addo naby Coega. Met die polisie se aankoms is die lyk van ‘n onbekende man, ongeveer 35 jaar oud, gevind.

Man se liggaam in bosse nog nie geïdentifiseer nie

“Die oorledene was in verskeie lae klere geklee. Daar was geen sigbare beserings aan die liggaam nie.”

Enigiemand wat die polisie kan help om die oorledene se naasbestaandes op te spoor of hom kan identifiseer, word versoek om konst. Rostan Tiervlei by 082 442 1683 of Crime Stop 08600 10111 te skakel.

LEES OOK: KYK: Paniekerige vrou hardloop agter ‘weghol’ waentjie aan

LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.