PRETORIA. – ‘n Gautengse ma (30) is veilig met haar gesin herenig nadat sy glo deur mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, ontvoer is.
Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die ma deur twee mans wat hulle ten tye van die voorval as polisiebeamptes voorgedoen het, ontvoer.
“Tydens die ontvoering het haar ontvoerders kontak gemaak met die slagoffer se broer en ‘n losprys geëis. Hy het onmiddellik kontak gemaak met die polisie en ‘n 72-uur-aktiveringsplan is saamgestel en gemobiliseer.” ‘n Span is saamgestel om die saak te ondersoek en na die slagoffer te soek.
Intussen is die motor van die slagoffer gistermiddag deur ‘n voertuigopsporingsonderneming gevind. Die span het verskeie leidrade opgevolg en net na middernag is die slagoffer in een van haar vermeende ontvoerders se informele tuiste op Klipgat gevind.
“Die slagoffer is gered. ‘n 27-jarige man is in hegtenis geneem en die polisie is steeds op soek na sy medepligtige.”
LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



