LIMPOPO. – Die Klerksdorp-landdroshof het ‘n pa, Mokete Legodi (47), borgtog geweier nadat hy glo sy tweejarige dogter vermoor het.
Henry Mamothame, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê advokaat Riekie Kriel het aan die hof voorgelê dat die staat sal baklei vir ‘n maksimum vonnis indien die beskuldigde skuldig bevind word. Sy het ook aangedui dat Legodi die ma van die oorledene uit die gevangenis gekontak het, wat ‘n aanduiding is dat hy waarskynlik met staatsgetuies kontak sal maak. Advokaat Kriel het ook aangedui dat ondersoeke byna afgehandel is en dat die staat gereed sal wees om te verhoor.
DIe saak kom nadat ‘n lewelose liggaam van ‘n kleuter na bewering binne die plafon van Legodi se huis in Alabama, naby Klerksdorp, ontdek is.
Pa ontvoer en vermoor glo dogter
“Hy is aangekla van ontvoering en moord op sy tweejarige dogter. Na bewering het Legodi op Donderdag 13 Mei 2021 na sy vriendin se huis gegaan en hul dogter, sonder die toestemming van die ma wat destyds in die hospitaal was, saam geneem.”
Familielede wat destyds vir die kind gesorg het, het aangeneem dat hy die kind sou terugbring. By navraag het hy glo ontken dat hy die kind geneem het. Op 14 Mei 2021, toe die ma uit die hospitaal ontslaan is, het sy met die hulp van familielede na die kindgesoek, maar hulle kon haar nie vind nie. Die volgende dag is sy na die Jouberton-polisiestasie waar ‘n saak van ‘n vermiste persoon geopen is. Verdere ondersoeke deur die polisie het gelei tot die inhegtenisneming van Legodi
“Hy word aangekla van ontvoering omdat hy nie aan die polisie gesê het waar die kind is nie. Daar word beweer dat die bure op 17 Mei 2021 ‘n slegte reuk vanuit Legodi se huis gereuik het. Hulle het self ondersoek na instel en op die lewelose liggaam van die kind wat in die plafon versteek was, afgekom. Die polisie is ontbied en ‘n klag van moord is bygevoeg.
Die saak is tot 27 Oktober 2021 vir verdere ondersoek uigestel. Hy bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning.
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



