September 19, 2021

Twee mense dood toe minibus teen onklaar bakkie bots

“Na wat verneem word, het die bakkie onklaar geraak en is dit deur ‘n groep mans gestoot toe ’n minibus daarteen gebots het.”

Twee mense dood toe minibus teen onklaar bakkie bots

Twee mense dood toe minibus teen onklaar bakkie bots Foto: ER24

JOHANNESBURG. – Twee mense is dood, terwyl vier ander beseer is in ‘n botsing tussen ‘n onklaar bakkie en ‘n minibus in Eikenhof, suid van Johannesburg.

ER24 se verklaring lui dat hulle paramedici Maandagaand na 19:30 op die toneel aangekom het. Twee mense is die middel van die pad gevind. Dié twee mans het noodlottige beserings opgedoen en hulle is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Twee op toneel dood verklaar

Drie ander persone met ernstige beserings is langs die pad aangetref. Die bestuurder van die minibus het ligte beserings opgedoen.

“Na wat verneem word, het die bakkie onklaar geraak en is dit deur ‘n groep mans gestoot toe ’n minibus daarteen gebots het,” lui die verklaring verder.

ER24 en verskeie ander mediese dienste was op die toneel en het die beseerdes behandel voordat hulle na ‘n hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: 63-jarige in huis gevind, moontlik verkrag en vermoor

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *