OOS-KAAP. – ‘n Stiefpa (28) het gedreig hy sal sy sewejarige stiefdogter aanrand indien sy vir mense vertel dat hy haar verkrag het.
Die dogtertjie het by hom, haar ma en stiefsuster in die Zwelitsha-distrik gewoon. Op 17 November 2020 het sy by ‘n maatjie gaan speel. Dit het begin reën en sy het terug huis toe gehardloop. Daar het sy haar stiefpa alleen op die bed gevind.
“Sy het ook op die bed gaan sit en hy het toe vir haar gesê om onder die komberse te lê, wat sy gedoen het. Hy het haar daarna verkrag. Hy het aan haar gesê om nooit vir iemand van die verkragting te vertel nie en het gedreig om haar te slaan as sy haar ma vertel,” volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag.
Die ma het die volgende oggend opgemerk haar dogter sukkel om behoorlik te loop. Sy het toe aan haar gevra wat gebeur het. Die dogtertjie het alles aan haar ma vertel.
Die stiefpa is op 11 Desember 2020 in hegtenis geneem. Die hooggeregshof van Suid-Afrika op Bhisho het die stiefpa lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van sy stiefdogter.
Die waarnemende direkteur van openbare vervolging, mnr. Livingstone Sakata, het die ondersoek- en vervolgingspanne gelukgewens met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



