Twee jaar nadat klein Stamford, ‘n Yorkshire-terriër, deur sy eienaar se eks-kêrel geskop en op getrap is, het geregtigheid geskied en die man is skuldig bevind aan dieremishandeling.
Cape of Good Hope SPCA berig Ozayr Schüller is skuldig bevind op twee aanklagte van dieremishandeling, elk met ‘n boete van R6 000 of ses maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
Ooggetuie sien hoe Yorkshire-terriër geskop word
In die hof het Schüller onskuldig gepleit en gesê dat hy Stamford geskop het omdat hy in die woonstel gemors het.
Daar word verder berig Tamlyn Sylvester het gesien hoe haar buurman die Yorkie in sy agterplaas skop en op hom trap. Die DBV is dadelik ontbied.
“Ongelukkig was dit te laat. Klein Stamford was dood voordat die inspekteur opgedaag het.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



