KWAZULU-NATAL. – Die minister van polisie, Bheki Cele, gaan vanoggend die gesinne besoek van die drie vrouens wat voor ‘n laerskool doodgeskiet is.
Op Saterdag 11 September het ‘n swart Opel Corsa-bakkie met vyf insittendes na bewering op ‘n groep mense wat buite ‘n plaaslike laerskool gewag het, losgebrand. Die skietery het die lewens van Ncami Shange (34), Beatrice Nzama (60) en Philisiwe Jili (37) geëis. Nog vyf mense is beseer en na die hospitaal geneem.
Minister besoek moordtoneel na slagoffers voor laerskool doodgeskiet is
Die minister van polisie sal vanoggend om 10:30 ‘n volledige inligtingsessie oor die voorval by die polisie se bestuurspan ontvang. Daarna sal hy na die gesinshuise van die oorledene en die misdaadtoneel gaan.
LEES OOK: ‘Hy is terug by ons,’ sê ma na motor met baba in gekaap is
LEES OOK: Ma en baba herenig na vermeende kapers motor met baba in kaap
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus



