September 23, 2021

Vrou in motor doodgeskiet na ander motor haar in pad blokkeer

Die vrou is ook glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof.

Vrou in motor doodgeskiet na ander motor haar in pad blokkeer

Vrou in motor doodgeskiet na ander motor haar in pad blokkeer Foto: Northglen News

NELSPRUIT. – ‘n Verdagte word gesoek na ‘n vrou in die week in haar motor by Pienaar buite Nelspruit doodgeskiet is nadat ‘n ander motor haar in die pad geblokkeer het.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het die voorval op Dinsdag 7 September omstreeks 11:45 plaasgevind. ‘n Soektog is sedertdien na die verdagtes aan die gang.

“Volgens die inligting beskikbaar, was die slagoffer alleen in haar voertuig toe sy deur ‘n wit Mercedes Benz geblokkeer is. Daar word beweer twee gewapende verdagtes het uit hulle voertuig geklim en haar geskiet.”

Vrou doodgeskiet

Hulle het haar ook glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Die polisie sowel as paramedici is in kennis gestel van die voorval en die vrou is deur die mediese personeel dood verklaar.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die verdagtes op te spoor, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Vusi Thobela by 0824691956 of die Crime Stop-nommer by 08600 10111 te skakel. Alle inligting wat ontvang word, word as vertroulik hanteer, en bellers kan verkies om anoniem te bly.

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *