PRETORIA. – Die eerste kind word vandag by die MeCRU Clinical Research Unit in die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidswetenskappe in Pretoria ingeënt as deel van kliniese toetse vir Covid-19-inentings vir kinders.
Inentings vir kinders
Die wêreldwye kliniese toetse waaraan vyf lande deelneem, sal 14 000 deelnemers regoor Chili, die Filippyne, Maleisië en Kenia en 2 000 in Suid -Afrika insluit. Die proewe is deur die Suid-Afrikaanse geneesmiddelreguleerder Sahpra, goedgekeur.
Die kinders se ouderdomme wissel van ses maande tot 17 jaar.
FiND iT het navraag by Sahpra en Suid-Afrika se department van gesondheid gedoen en wag op terugvoer.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



