September 16, 2021

Seuntjie (2) ernstig beseer na pa hom per ongeluk raakry

Daniel se longe het tydens die fratsongeluk seergekry en hy het ook verskeie breuke opgedoen.

Die tweejarige Daniel Kerswell wat verlede naweek in ‘n fratsongeluk onder ‘n motorwiel beland het en ernstig seergekry het, het Donderdagaand ‘n terugslag ervaar.

Die seuntjie is van Ermelo in Mpumalanga en sy ma, Danelle, het ‘n gebedsgroep op Facebook begin waarvan byna 3 000 mense deel is en bemoedigende boodskappe deel en saam bid vir sy herstel.

Daniel se longe het tydens die fratsongeluk seergekry en hy het ook verskeie breuke opgedoen.

Sy ma het Donderdagaand gesê klein Daniel het Donderdagoggend stuiptrekkings begin kry en dat hy weer gestuur word vir skanderings om seker te maak hy het nie breinskade opgedoen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *