September 28, 2021

Gevangenes ontsnap en ontvoer 4 maande oue baba

Die twee ontsnapte gevangenes is op die toneel in hegtenis geneem en aan beamptes van korrektiewe dienste oorhandig.

Die beamptes het vasgestel die twee insittendes van die bakkie is gevangenes wat ontsnap het uit die Leeuwkop-gevangenis, waar hulle vonnisse van tien jaar en dertig jaar vir moord uitdien.

Die beamptes het vasgestel die twee insittendes van die bakkie is gevangenes wat ontsnap het uit die Leeuwkop-gevangenis, waar hulle vonnisse van tien jaar en dertig jaar vir moord uitdien.(Foto: JMPD)

JOHANNESBURG. – Twee veroordeelde moordenaars het vanuit die  Leeuwkop-gevangenis ontsnap waarna hulle by ‘n vrou se huis in Fourways ingebreek het, die vrou van die huis beroof het en haar 4 maande oue baba ontvoer het.

Volgens Johannesburg Metropolitan Police Department  (JMPD) het twee metropolisiebeamptes op 9 September ‘n wit Toyota-dubbelkajuit-bakkie gewaar wat teen ‘n hoë spoed ry.

Die dubbelkajuit het daarna in ‘n sloot ingejaag en JMPD-beamptes het gesien hoe lede van die Diepsloot-gemeenskap die insittendes van die bakkie aanval. Die beamptes het vasgestel die twee insittendes van die bakkie is gevangenes wat ontsnap het uit die Leeuwkop-gevangenis, waar hulle vonnisse van tien jaar en dertig jaar vir moord uitdien.

Gevangenes beroof vrou en ontvoer baba

Die twee gevangenes het glo, nadat hulle ontsnap het, na ‘n huis in Fourways gegaan en by die agterkant van die huis probeer inbreek. Die huiswerker het die deur gesluit toe sy hulle gewaar. Die mans het daarna die deur afgeskop, sowel as nog ‘n deur binne-in die huis. Hulle het geld by die vrou van die huis gesteel en met haar vier en ‘n half maande oue baba op die vlug geslaan toe veiligheidswagte op die toneel aankom.

Die verdagtes het daarna die bakkie gekaap waarmee hulle in die sloot ingejaag het.

Die mans is gearresteer en die baba se pa het haar by die Diepsloot-polisiekantoor gaan haal, waarna hy haar na die hospitaal geneem het. Haar toestand is nog nie vasgestel nie.

Die twee ontsnapte gevangenes is op die toneel in hegtenis geneem en aan beamptes van korrektiewe dienste oorhandig.

Lees ook: Polisiebeampte ook in sop weens premier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *