September 28, 2021

Meisie wat in straat speel, verkrag in nabygeleë veld

Slagoffer se neef probeer verkragter met mes afskrik

Slagoffer se neef probeer verkragter met mes afskrik Foto: wbaltv.com

NOORD-KAAP. – Die Olifantshoek-streekhof het ‘n verkragter, Andy Katlolo Melwane (30), tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 13 -jarige meisie na ‘n veld gesleep en verkrag het.

Op 30 Augustus 2015 het die slagoffer in die straat gespeel toe die beskuldigde by haar aangekom het. Melwane het haar na ‘n nabygeleë veld gesleep waar hy haar aangerand en verkrag het. Haar neef, wat ook ‘n minderjarige was, het probeer help deur Melwane met ‘n mes te dreig en te verwilder.

Meisie verkrag

Melwane is later in hegtenis geneem en is op 7 September skuldig bevind en gevonnis. Hy is tot 20 jaar gevonnis vir verkragting en vyf jaar vir aanranding. Die vonnisse loop gelyktydig.

Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in die Noord-Kaap, brig. Nicky Mills, het die vonnis verwelkom.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *