September 20, 2021

Beloning aangebied na stoele by Party & More ‘verdwyn’

Beloning aangebied na stoele by Party & More ‘verdwyn’

Beloning aangebied na stoele by Party & More ‘verdwyn’ Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – Daar is ‘n beloning van R10 000 uitgereik vir die opsporing van 100 stoele wat by Party and More gehuur is en nooit weer teruggeneem is nie.

Antonella Florio-Poone, eienaar van Party and More, sê ‘n man het die winkel besoek waarna haar werknemers 100 stoele aan die man uitverhuur het.

“Die man het twee selfoonnommers, ‘n e-posadres, Kenia-ID en maatskappynaam as besonderhede gegee. My werknemers en die man het voor die stoele aan hom gegee is verskeie kere via e-pos gekommunikeer.”

Volgens Antonella het die man die stoele kom haal en die R3 000 deposito betaal. Hy het daarna nooit weer die stoele terugbesorg aan die besigheid nie.

“Ons het met hom probeer kontak maak. Altwee die selfone is afgeskakel en die e-posadres werk ook nie meer nie. Ons het die maatskappynaam wat hy gegee het ge-Google en daar bestaan nie so ‘n plek nie.”

Die man het ook nog nie R6 000 vir die huur van die stoele betaal nie.

“Ons het ‘n saak by die polisie oopgemaak. Daar is ‘n R10 000 beloning vir enigiemand wat die stoele aan ons kan terugbring.”

Die onderstaande ID is deur die eienaar van Party and More verskaf.

Foto: ID deur Party and More voorsien.
Foto: Foto’s van dokumente deur Party and More voorsien.
Foto: Die stoele.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *