September 20, 2021

410 nuwe positiewe gevalle in Noord-Kaapse skole

“Dit is duidelik dat die akademiese herstel baie langer sal duur as wat verwag is.”

410 nuwe positiewe gevalle in Noord-Kaapse skole

410 nuwe positiewe gevalle in Noord-Kaapse skole Foto: 2oceansvibe.com

NOORD-KAAP. – Die Noord-Kaapse departement van onderwys het die afgelope week 410 positiewe Covid-19-gevalle by skole in die provinsie aangeteken.

Die departement sê in ‘n verklaring die aantal nuwe infeksies bly steeds redelik hoog in vergelyking met vorige weke. Die nuwe Covid-19-infeksies sluit 28 opvoeders, 367 leerders en 15 ondersteuningspersoneellede by verskillende skole in.

“Ons het tans sewe skole in die provinsie wat gesluit is om kontakopsporing en ontsmetting van skoolterreine moontlik te maak. Die departement is bekommerd oor die voortdurende leerverliese en die sluiting van skole weens die pandemie.”

Meer positiewe gevalle as verlede week

Die departement sê die toemaak van skole sit baie druk op die akademiese prestasie van leerders en hul paraatheid vir die eksamen.

“Dit is duidelik dat die akademiese herstel baie langer sal duur as wat verwag is, terwyl die huidige werklikheid ‘n groot druk op die hele onderwyssektor plaas. Die departement doen alles in ons vermoë om opvoeders en leerders van alle grade gedurende hierdie moeilike tye te ondersteun.”

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *