KWAZULU-NATAL. – 74 mense, waaronder 14 kinders, is gister beseer toe ‘n bus met kerkgangers beheer verloor het en die pad verlaat het.
Beseerde kerkgangers na hospitaal vervoer
Die voorval het om 09:30 langs Colefordweg, in die omgewing van Umzimkulu River Lodge, plaasgevind. Volgens Arrive Alive het die busbestuurder na bewering beheer op ‘n skerp draai verloor. Die bus het die pad verlaat en oor ‘n wal gerol.
Daar het 74 passasiers geringe tot ernstige beserings opgedoen. Almal is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese sorg.
LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond
LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



