September 28, 2021

Ernstig siek bejaarde glo mediese behandeling geweier

Familielede vermoed dit kan moontlik gangreen wees.

Ernstig siek bejaarde word glo mediese behandeling geweier

Ernstig siek bejaarde word glo mediese behandeling geweier

*** WAARSKUWING: Foto in die artikel kan sensitiewe lesers ontstel.***

WARRENTON. – Mnr. Hannes Piek (78), ’n ernstig siek bejaarde en diegene wat hom probeer help word nou glo toegang tot die Warrenton-hospitaal sowel as mediese behandeling daar geweier nadat daar stappe teen die hospitaal geneem is.

Piek se been is in 2017 geamputeer en het sedertdien ’n ernstig infeksie opgedoen. Familielede vermoed dit kan moontlik gangreen wees.

Word glo mediese behandeling geweier

Piek was vroeër verlede maand vir net een dag in die hospitaal weens die infeksie in sy been opgeneem waar hy glo ook Covid-19 opgedoen het. Hy is daarvandaan ontslaan met net medikasie en geen behandeling vir sy been nie.

Familie het versoek dat hy na Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal oorgeplaas word, wat glo deur mediese werkers geweier is. Die departement van gesondheid is ook deur die familie, wat verdere stappe wou neem, gekontak. Nou word hulle glo die perseel verbied.

’n Familievriend, wat Piek se seun help om hom te versorg, het aan FiND iT vertel dat Piek ophou eet het, deurmekaar is en vir dae nie kan urineer nie. Die infeksie in sy been word ook al hoe erger en almal is bekommerd dat as hy nie onmiddellike mediese sorg ontvang nie, hy dit nie gaan maak nie.

FiND iT het navraag by die departement van gesondheid gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Vrou se liggaam naby Stadium-swembad gevind

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *