September 27, 2021

Vrou se liggaam naby Stadium-swembad gevind

 ’n Moordsaak is later vir verdere ondersoek geregistreer.

Vrou se liggaam naby Stadium-swembad gevind

Vrou se liggaam naby Stadium swembad gevind

BLOEMFONTEIN. – Die polisie versoek die hulp van die publiek om die liggaam van ’n onbekende vrou, wat vermoor in ’n oop stuk veld naby die Stadium-swembad gevind is, te identifiseer en haar familie op te spoor.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoorvoerder, sê die polisie het Vrydag 3 September 2021 omstreeks 21:20 ’n oproep ontvang wat aangedui het daar lê die liggaam van ’n vrou in die veld op die hoek van Parkweg en First Avenue, Willows.

Lewelose liggaam gevind

“Met die polisie se aankoms het hulle op ’n vrou se lewelose liggaam, wat twee steekwonde toegedien is, afgekom.”

Die oorledene het ‘n swart jean, ’n swart kappietop, ’n swart-en-rooi denimbaadjie en Nike-tekkies aangehad. ’n Capitec-bankkaart en huissleutels met ’n oranje sleutelhouer is in haar sakke gevind.

 ’n Moordsaak is later vir verdere ondersoek geregistreer.

Enige lid van die publiek wat inligting het wat die polisie kan help om die oorledene te identifiseer en haar familie op te spoor, moet kapt. Yaliwe Mokoena by 082 526 2653 skakel.

LEES OOK: 15 Jaar vir vrou wat suur gooi

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *