September 16, 2021

15 Jaar vir vrou wat suur gooi

“Die twee het in ’n argument betrokke geraak en Ngidi het ’n klein houer met suur uit haar handsak gehaal en dit op Noxolo gegooi. In die proses het daar van die suur op Ngidi ook gemors.”

15 Jaar vir vrou wat suur gooi

15 Jaar vir vrou wat suur gooi

KWAZULU-NATAL. –  Precious Ngidi (28) is op Vrydag 3 September tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy in Maart 2019 suur in ’n vrou se gesig gegooi het wat tot haar dood gelei het.

Kapt. C. Rhynes, polisiewoordvoerder, sê Ngidi het op 11 Maart 2019 na die oorledene, Noxolo Mkhwanazi (26), se werksplek gegaan en haar daarvan beskuldig dat sy ’n verhouding met Ngidi se man het.

Gooi suur

“Die twee het in ’n argument betrokke geraak en Ngidi het ’n klein houer met suur uit haar handsak gehaal en dit op Noxolo gegooi. In die proses het daar van die suur op Ngidi ook gemors.”

’n Reaksiebeampte het dadelik na die toneel gehaas en Ngidi na die Tongaat-polisiekantoor geneem, aangesien die gemeenskapslede haar wou aanrand.

Aanklag verander na moord

Uitslae het bevestig dat die suur wat gebruik is, swaelsuur was wat die vel en vlees binnedring en orgaanversaking veroorsaak. In Junie 2019 is die oorledene in die Albert Luthuli-hospitaal dood verklaar en die aanklag is daarna na moord verander.

Ngidi het voorgehou sy is onskuldig en het aangedring daarop dat sy uit selfverdediging opgetree het.

Die hof het anders besluit en Ngidi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK : Hond naby Springbok aan boom opgehang

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *