September 27, 2021

September is selfdoodvoorkomingsmaand

Hierdie situasie word verskerp in die Noord -Kaap as gevolg van uiterste armoede, werkloosheid, afleggings en MIV/vigs.

September is selfdoodvoorkomingsmaand

September is selfdoodvoorkomingsmaand

In Suid -Afrika sterf ​​ongeveer 10 000 mense jaarliks aan selfdood en baie hiervan is jongmense. Daarbenewens word geraam dat 20% van die kinders in Suid -Afrika aan ’n geestesongesteldheid ly weens die hoë vlakke van geweld en gesinsprobleme. Hierdie situasie word verskerp in die Noord-Kaap as gevolg van uiterste armoede, werkloosheid, afleggings en MIV/vigs.

Geen twee tieners is presies dieselfde nie, maar as jy die waarskuwingstekens van selfdood kan identifiseer, kan jy gou genoeg vir jou tiener hulp kry en moontlik sy of haar lewe red.

Moontlike redes hoekom tieners selfdood pleeg:

  • Het ’n lang geskiedenis van probleme tuis of by die skool;
  • Ly aan lae selfbeeld;
  • Glo niemand gee om nie;
  • Is depressief;
  • Misbruik alkohol of dwelms;
  • Het akute stresvolle gebeure ervaar, soos ’n ongewenste swangerskap, probleme met die wet of om nie aan die ouers se hoë verwagtinge te voldoen nie;
  • Sekere medikasie se newe-effekte kan ook jou kind depressief maak.

Waarskuwingstekens van selfdood:

  • Merkbare veranderinge in eet- of slaapgewoontes;
  • Onverklaarbare of ongewoon ernstige, gewelddadige of opstandige gedrag;
  • Onttrekking van familie of vriende;
  • Seksuele losbandigheid, dwaasheid en vandalisme;
  • Drastiese persoonlikheidsverandering;
  • Buierigheid, rusteloosheid of paniekerige gedrag;
  • Praat of skryf oor selfmoord, selfs grappenderwys;
  • Weggee van kosbare besittings;
  • Vaar swakker op skool;
  • Praatjies van selfdood. As die persoon sê hy of sy wens hy of sy was nooit gebore nie, wens hy of sy is dood, ens;
  • Onttrek van sosiale kontak en wil alleen gelaat word;
  • Buierigheid, soos om een dag emosioneel hoog te wees en die volgende dag diep terneergedruk te wees.
  • Besig wees met gedagtes oor die dood of geweld;
  • Om vasgevang of hopeloos oor ’n situasie te voel;
  • Afskeid te neem van mense asof hulle nie weer gesien sal word nie.

Kry hulp:

  • Vra direk: Het jy selfdoodgedagtes? Het jy al ooit daaraan gedink om jouself seer te maak? Het jy al ooit gevoel dat jy nie meer wil lewe nie?
  • Luister sonder oordeel. Wys jy gee om.
  • Kry onmiddellik vir jou tiener hulp. Neem hom of haar na die naaste volwassene, betroubare onderwyser of geestesgesondheidswerker (dokter, sielkundige, psigiater, maatskaplike werker, kerkleier, berader, ens.) vir behandeling. Alternatiewelik skakel SADAG by 0800 567 567/0800 21 22 23 of SMS 31393 vir hulp.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *