Heerlik soet en maklik om te maak. ’n Gunsteling by almal.
Bestanddele:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie botter
- ¼ koppie melk
- 1 eier
- 1 pak dadels
- 1½ pak Mariebeskuitjies
- knippie sout
Metode:
- Smelt botter en suiker in ’n medium grootte kastrol oor matige hitte.
- Roer dadels daarby en laat kook.
- Klits eier, melk en sout saam.
- Roer eiermengsel by dadelmengsel.
- Roer gebreekte beskuitjies in die mengsel.
- Bestrooi die bodem van ‘n 18×18 cm bak met klapper en skep mengsel daarop en druk goed vas.
- Strooi klapper bo-oor.
- Verkoel in yskas en sny in bokkies.
- Vir balletjies kan beslag in balletjies gevorm en dan in klapper gerol word.
Lewer ±24 balletjies / 18 blokkies afhangende van grootte.
Resep ingestuur deur Chanel van Wyk.




