September 16, 2021

Pub-eienaar beskuldig van diskriminasie

Volgens haar het Karen gestaan en lag terwyl die twee uitgesmyt is.

Pub-eienaar beskuldig van diskriminasie

Pub-eienaar beskuldig van diskriminasie foto: Verskaf

‘n Eienaar van ‘n bekende kuierplek is in die spervuur oor beweerde diskriminasie. Karen de Villiers (née Van Aswegen), eienaar van Pot en Barrel op Springbok, staar nou optrede vanaf die SA Menseregte Kommissie (SAMRK) in die gesig.

Volgens twee vriende (beide 52) hier het die herrie begin na Karen se voormalige man, Juan de Villliers, se skietdood in 2020.

Een van die vriendinne was voor Karen met die oorledene getroud. Uit hul huwelik was ‘n seun gebore. Sy het gesê: “Voor, maar veral na Juan se dood, was Karen baie snaaks met my seun. Dit het daartoe gelei dat my seun se skoolgeld byvoorbeeld nooit klaar betaal was nie. Volgens ‘n hofbevel moes Juan dit gedoen het, maar Karen het dit glo later gestop.”

Volgens haar het  Karen se venyn en jaloesie later ook na haar toe oorgespoel. Soveel so dat Karen haar en haar  vriendin een aand by die Pot en Barrel-kuierplek laat uitboender het “sonder ‘n rede”. Sy vertel steeds ontsteld: “Ons twee het daarheen gegaan om te relax. Ons het vir ons bestelde biere gewag. Skielik het ‘n sekuriteit my aan die arm gevat en uitgestoot. Hy wou nie ‘n rede hiervoor gee nie en was baie rof en hard met ons.”

Volgens haar het Karen gestaan en lag terwyl die twee uitgesmyt is.

Sy vertel verder dat die sekuriteit net gesê het dat dit Karen se opdrag was. Intussen het Karen haar toe ook geblok op WhatsApp.

Haar  vriendin se “ordeal” was erger, want dieselfde sekuriteit het haar gestoot en trek. En ook haar bra geskeur terwyl hy hulle voor baie mense uitgesmyt was.

Baie inwoners het intussen vertel dat Karen maar net so lekker “elmboog lig” en die Namakwalandse vloektaal gooi dat die kuierplek bewe.

Tot op hede het Karen nog geen verduideliking gegee waarom sy so ‘n persoonlike vete teen die twee voer nie. Ook nog nie ‘n verskoning aangebied nie.

Hierdie voorvalle van beweerde diskriminasie is dié week by die SAMRK gerapporteer.

Die twee vriendinne voel dat hulle in hul eer gekrenk is. Verder, dat hulle verneder is voor so baie mense, weens Karen se “vieslike optrede.”

Kommissaris Chris Nissan het gesê dat ‘n kuierplek ‘n openbare plek is, wat verskil van byvoorbeeld n private woning. Hy het gesê: “Daar is ‘n beginsel van ‘customer is king,” en ‘n kliënt moet die beste diens kry. Besighede, wat dienste koop of verkoop, moet ook ‘n omgewing skep waar ‘n kliënt gemaklik kan wees. Eienaars het dus sekere verantwoordelikhede teenoor hulle kliënte.”

Karen wou nie op navrae kommentaar lewer nie. Sy het wel per WhatsApp laat weet dat haar God groter is as sensasie.

Die SAMRK gaan die aangeleentheid ondersoek, volgens Nissan.

Lees ook: Leer en beskerm jou kind teen seksuele misbruik

Volg FiND it op Facebook hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *