September 28, 2021

Polisie vra gemeenskap se hulp om man te identifiseer

Enigiemand wat die polisie kan help om die man te identifiseer, kontak sers. Sibonge Ntakana by 021 972 1797.

Polisie vra gemeenskap se hulp om man te identifiseer (Foto: SABC News)

Polisie vra gemeenskap se hulp om man te identifiseer (Foto: SABC News)

Die polisie op Philadelphia vra die gemeenskap se hulp om die liggaam van ‘n onbekende man te identifiseer.

Die man se liggaam is Maandag om ongeveer 14:45 by Van Schoorsdrift gevind.

Volgens polisieverslae het twee seuns die grusame ontdekking gemaak toe hulle in die veld gespeel het.

Die oorlede man het ‘n swart sweetpakbroek en ‘n grys sweetpaktop aangehad. Hy het geen skoene aangehad nie en sy kop was in ‘n blou sak.

Enigiemand wat die polisie kan help om die man te identifiseer, kontak sers. Sibonge Ntakana by 021 972 1797.

Lees ook: Derde uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *