September 28, 2021

Pastoor in hof wat glo gemeentelede uit miljoene bedrieg

Die slagoffers het glo nooit hulle geld, soos ooreengekom, ontvang nie.

Pastoor in hof wat glo gemeentelede uit miljoene bedrieg

Pastoor in hof wat glo gemeentelede uit miljoene bedrieg

VRYSTAAT. – ’n Pastoor (47) het gister in die landdroshof in Kroonstad op ’n aanklag van bedrog tereggestaan. Daar word beweer die verdagte het in 2013 gemeentelede van sy kerk aangemoedig om geld in sy onderneming te belê met die belofte om winsgewende opbrengste na ’n jaar te ontvang. Die slagoffers het glo nooit hulle geld, soos ooreengekom, ontvang nie.

Pastoor betaal nie geld terug nie

Na verskeie versoeke aan die verdagte, het die gemeentelede hom oorreed om die oorspronklike bedrae wat belê is, aan hulle terug te betaal. Geeneen van hulle versoeke is glo nagekom nie, wat tot ’n gesamentlike verlies van R3 miljoen gelei het.

Die saak is daarna by die Valke se ernstige handelsmisdaadondersoekeenheid in Welkom vir verdere ondersoek aangemeld, wat daartoe gelei het dat die verdagte homself gisteroggend aan die ondersoekers oorgegee het, waar hy aangekla is.

LEES OOK: Dawie van der Schyff gee raad oor krulhare

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *