September 23, 2021

Wie is die raaiselman aan boer Damian se sy?

“Daar is ‘n nuwe paar vellies op die plaas.”

Wie is die raaiselman aan boer Damian se sy?

Wie is die raaiselman aan boer Damian se sy? Foto: Instagram

Boer Damian Engelbrecht, wat die eerste gay boer op Boer Soek ‘n Vrou in 2019 was, is baie geheimsinnig oor die nuwe liefde in sy lewe en deel nie te veel op sosiale media nie.

Damian het eers in Julie sy volgelinge op Instagram laat wonder toe hy ‘n foto van twee pare vellies voor ‘n kaggel oplaai met die onderskrif: “Daar is ‘n nuwe paar vellies op die plaas.”

Boer Damian deel ‘n paar foto’s

Daarna was dit twee hande wat vashou. In Augustus het hy ‘n silhoeët van hom en die raaiselman op Instagram gelaai.

“Koffie op die stoep is sóveel beter met jou hand in myne,” was die laaste inskrywing oor die twee. Daarby kon mens slegs twee pare bene met jeans en vellies aan sien wat op die stoep sit.

LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *