September 16, 2021

Vermiste dokter toegesluit in kamer gevind

Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat

Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat Foto:Facebook

DURBAN. – Die vermiste dokter (28) wat Vrydag laas gesien is toe sy haar werksplek verlaat het, is in ‘n lodge se kamer toegesluit gevind.

FiND iT het vroeër berig haar voertuig is die naweek opgemerk toe dit tussen Ballito en Verulam gery het. ‘n Man het na bewering haar motor bestuur terwyl sy en nog iemand agter gesit het.

Dokter by lodge gevind

“Haar voertuig is gister by Salt Rock in die Umhlali-omgewing opgemerk en is voorgekeer. Die vermiste dokter is in ‘n lodge in Salt Rock gevind,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Volgens Gwala is ‘n saak van ontvoering en roof by die polisie geopen.

“‘n Verdagte (25) is ook in hegtenis geneem en sal Woensdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.”

LEES OOK: Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat

LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *