Vier staar doodstraf in gesig na 9-jarige verkrag, vermoor is

Deel hierdie storie / Share this story

INDIË. – ‘n Priester en drie ander persone staar die doodstraf in die gesig nadat hulle daarvan aangekla is dat hulle ‘n 9-jarige Indiese meisie verkrag en vermoor het.

Die meisie is na bewering op 1 Augustus deur die priester (53) en drie werkers aangerand toe sy na ‘n krematorium gegaan het om water te gaan haal. Die ma beweer sy is daarna na die toneel geroep en ingelig dat haar dogter doodgeskok het.

Vier in hegtenis kan moontlik doodstraf ontvang

Daar is glo aan die ma gesê indien sy die saak by die polisie gaan aanmeld, dokters wat die nadoodse ondersoek doen die meisie se organe sal verwyder en verkoop.

“Haar oë was toe, haar lippe was swart, haar neus het gebloei en water het uit haar mond gekom. Daar was geen modder of vullis op haar klere nie,” het haar ma aan plaaslike media gesê.

Net voor die meisie, glo sonder familie se toestemming, veras sou word, het duisende mense na die krematorium opgeruk en dit reggekry om die meisie se liggaam terug te kry sodat dit vir ondersoeke geneem kon word.

Die vier mans is daarna in hegtenis geneem op aanklag van verkragting en moord.

LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.