NOORD-KAAP. – Die departement van onderwys in dié provinsie het aangekondig ses skole is tans gesluit as gevolg van Covid-19.
Die departement sê verder in ‘n verklaring hulle het die afgelope week 339 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken, waaronder 36 opvoeders, 289 leerders en 14 ondersteuningspersoneel.
Skole gesluit nadat vele poisitief toets
“Die hoë infeksiesyfer, veral onder ons leerders, is baie kommerwekkend en ons doen ‘n beroep op ouers en skoolgemeenskappe om die beweging of sosiale interaksie van ons leerders tuis te beperk.”
Daarna moedig die departement ouers wat kinders ouer as 18 jaar het om hulle teen die virus te laat inent. “Daar is bewys dat die inenting veilig is en dit bied ‘n meganisme waardeur ons onsself kan beskerm teen die Covid-19-pandemie.”
LEES OOK: Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



