Menslike oorskot positief met vermiste seuntjie (8) verbind

Deel hierdie storie / Share this story

OOS -KAAP. – Gedurende die maand het ‘n forensiese patologie-verslag bevestig dat die menslike oorskot wat verlede maand in ‘n waterpyp in Hofmeyr gevind is, positief gekoppel is aan ‘n seuntjie wat net voor Kersfees verlede jaar vermis geraak het.

Zinathi Ntuzakhe het op 23 Desember 2020 vermis geraak nadat sy ‘n plaaslike winkel besoek het om lekkers te koop. ‘n Ondersoek is deur die Hofmeyr-polisiekantoor begin. Op 7 April 2021 het die polisie inligting ontvang oor menslike oorskot wat in ‘n nie-werkende watertoevoerpyp in Hofmeyr vasgekeer was.

Met verdere ondersoek is die liggaam van ‘n 23-jarige vrou uit die waterpyp gehaal. Daar is berig dat sy deur ‘n verdagte verkrag en in die waterpyp gegooi is. ‘n Saak van poging tot moord en verkragting is geopen. ‘n 20-jarige man is kort daarna in verband met die verkragting in hegtenis geneem. Tydens hofverrigtinge het die staatsaanklaer versoek dat die diepte van die waterpyp bepaal word. Met dié ondersoek is die menslike oorskot van ‘n kind ontdek en vir forensiese fitologiese toetse gestuur.

Die aanvanklike ondersoek na die vermiste persoon is na moord verander en word deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Cradock ondersoek.

Indien jy enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte kan jy sers M. Qhagana by 082 319 8362 kontak.

LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.