Vyf beseer in ongeluk in swaar reën

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Vyf mense is beseer in ‘n tromp-op botsing in die swaar reën op die R301, tussen die Pearl Valley Golf Estate en die Drakenstein-gevangenis, buite die Paarl.

ER24 berig die botsing het tussen ‘n SUV en ‘n VW Golf plaasgevind. Een van die insittendes was in ‘n kritieke toestand. ER24-paramedici was gistermiddag om 16:30 saam met Metro Rescue, Metro EMS en die brandweer op die toneel.

Vyf beseer

Twee insittendes was vasgekeer in hulle motors en is saam met die brandweer deur Metro Rescue uitgehaal. ER24 het ‘n 18-jarige vrou, een van die vasgekeerdes, in ‘n kritieke toestand gevind. Lewensondersteunende ingrypings is voorsien.

‘n Volwasse man, wat ligte beserings opgedoen het, is ook deur ER24 op die toneel behandel. Albei is na die hospitaal geneem vir verdere sorg. Metro EMS het ‘n ernstig beseerde manlike pasiënt behandel. Hy was ook gedeeltelik in een van die voertuie vasgekeer. Die ander twee beseerdes is privaat vervoer met onbevestigde beserings.

Besonderhede oor die botsing is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Vrou in Toyota Prado gesoek na fetus in asblik ontdek is

LEES OOK: Manenberg-katslagter slaan weer toe, R20 000 beloning

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.