Vrou bieg na ses jaar oor man se dood

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Nancy Majonhi (42) het glo ses jaar na haar man se dood gebieg en polisielede vertel waar sy sy liggaam versteek het.

Majonhi se man, Prosper Chipungare, is op 28 Julie 2015 as vermis aangemeld.

Volgens IOL het Majonhi skuld op die moord van haar man beken. Sy het hom glo vermoor, die liggaam opgesny en ‘n in puttoilet gegooi.

Gebieg oor moord

Na haar erkenning het polisielede drie puttoilette op Ledig, ’n dorpie naby Sun City-oord in Noordwes, met ’n graafmasjien gesloop. Oorskot van liggaamsdele is opgespoor.

Volgens die woordvoerder van die polisie in Noordwes, Sabata Mokgwaabone, het Majonhi erken dat sy Chipungare wreed met ’n hamer aangerand het totdat hy flou geval het.

Mokgwaabone het gesê Majonhi het verder aan die polisie gesê dat sy, terwyl haar man op die vloer gelê het, ’n graaf geneem en hom in stukke gekap het.

Majonhi het die afgelope ses jaar na die moord by haar familie in Zimbabwe gebly.

LEES OOK: Kimberley-lesers gee terugvoer oor Kimberley Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.