BRAYNSTON. – Stitch is as ‘n weeshond in ‘n skuiling gebore en het haar lewe daar deurgebring. Sy het nog nooit ‘n eienaar van haar eie gehad nie, maar is onlangs deur ‘n vrou in pleegsorg geneem. Die gemeenskap het besluit om vir die weeshond ‘n verjaarsdagpartytjie te hou.
Volgens The Good Things Guy het Stitch se pleegma, Aurora, vir haar ‘n gemaklike huis gebied terwyl die Hound & Home-span vir haar ‘n feesmaal voorberei het.
“Ons het gedink Stitch verdien ‘n verjaardagviering wat nie net haar 12de verjaardag vier nie, maar ook haar hele lewe vier. So ons het dit laat gebeur!
Hound & Home het ‘n bietjie van ALLES gebak. Ja, jy het dit reg gehoor! Stitch het 2 koeke, 12 kolwyntjies, 12 karobbedekte donuts en koekies gekry. Sy kon nie alles op haar eie eet nie, en daarom het sy ‘n paar van haar besties saamgenooi.
Pawtrait Pet Photography het die fotografie behartig en hierdie pragtige foto’s geneem.
Stitch, jy het al die bederfies verdien en soveel meer. Geluk met jou verjaarsdag, Liefie! ”
Hound and Home
Foto’s van die verjaarsdagpartytjie vir ‘n weeshond



Lees ook: Rebel Wilson spog met haar gewigsverlies



