Kimberley-lesers gee terugvoer oor Kimberley Online Co.

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley Online Co. het vanoggend ons sesde uitgawe uitgegee en al wat ons kan sê, is wow! Die terugvoer en liefde wat ons van lesers en adverteerders kry, is oorweldigend.

Dié gemeenskapskoerant is begin omdat ons weer vars, nuwe, inspirerende nuus oor Kimberley aan die inwoners van die stad wou bring. Ons het die geleentheid om soveel inspirerende mense te ontmoet en hulle stories aan julle te vertel.

Lees bietjie die terugvoer wat ons van lesers ontvang het:

Dawie van der Schyff: “Love die artikel. Dankie.”

Roaan Fourie: “Ek moet sê, ek hou van hierdie uitgawe. Well done!”

Ryan Clarke: “I just want to say thank you. Since the article came out this morning, a lot of people have contacted me with great interest. I am in awe with surprise and enjoyment.”

Thalana Botma: “Dankie Kimberley Online Co dat ek in hierdie week se uitgawe kan wees en my storie vertel.”

Denise Botha: “What an honor, I’m thankful. Thank you so much to Kimberley Online Co.”

Jamé Hansen: “Dankie Kimberley Online Co.”

Annari Pretorius Grebe: “Dankie, vir die artikel.”

Terugvoer op ons Telegram-groep:

“Heerlik gelees en baie interessant gewees!”

“Lekker leesstof en baie interessant!”

“Baie dankie vir die lekker lees inisiatief. Ek vind dit heerlik om op hoogte te bly van wat in ons Kimberley-dorp aangaan.”

“Baie goed, so bly vir ’n koerant weer.”

“Puik dankie aan die span, sien uit na die volgende uitgawe.”

“Very good, well done, what Kby needs.”

“Love it, dit was lekker om te lees.”

“Mag julle van krag tot krag gaan. Doen so voort!”

Kry die week se uitgawe hier.