Steve voel beter na 14 dae van benoude oomblikke

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr sê die afgelope twee weke van Covid-19-positief wees, was die mees “benoudende” twee weke in sy lewe.

“Bloeddruk, koors, ystervlakke, suurstofvlakke wat steeds lol, medikasie op medikasie, swaar bors, hoes, smaak en reuk afwesigheid en daarmee saam jou eetlus – en my vrou sit op die koue vloer met handleidings vir suurstofmasjiene wat nie werk nie.”

Hy vertel verder op Facebook sy vrou was self siek, maar het steeds na almal en alles omgesien, ook na hulle huiswerker wat ook Covid-19 opgedoen het.

Hy spreek dan sy dankbaarheid uit teenoor sy verpleër “met tonne kennis” wat “altyd wakker en net een Whatsapp-boodskap weg was. En vir sy optimistiese dokter.”

“Daar was twee aande wat ek in my bedwelmde geestesoog my testament, my kerk, eulogie en begraafplaas oorweeg het. Iemand moet! My vrou duld nie sulke praatjies nie. Sy was om die uur daar en het my stap vir stap deurgedra. Soms letterlik. En hoe meer sy ander dien, hoe mooier word sy,” skryf hy verder.

Steve sê verder hy is nog swak, maar laat homself nou baie rus voordat hy weer met konserte en ‘n jagtrippie begin. Hy sê hy benodig nog af en toe suurstof as hy êrens heen moes loop.

“Dankie vir jou wat ‘n gemeenskap hier vorm van omgeemense. Dit was helfte van die oorwinning.”

LEES OOK: Boer kritiek na hy brande help blus, dogter pleit vir hulp

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.