Eric Stonestreet, die bekende Cam van Modern Family, het die nuus van sy verlowing gisteraand laat met sy volgelinge op Instagram gedeel.
Meeste mense ken Stonestreet as Mitchell Pritchett se man en die pa van Lilly Tucker-Prichett in die reeks Modern Family, maar nie almal het geweet wie die gelukkige vrou is wat sy hart gesteel het nie.
Modern Family-ster
328 038 mense het binne agt ure van die plasing gehou, terwyl 4 657 mense daarop kommentaar gelewer het. Lindsay Schweitzer en Stonestreet is al amper vyf jaar lank ‘n paartjie. Die twee het by ‘n liefdadigheidsgeleentheid in 2016 ontmoet.
Schweitzer, ‘n pediatriese verpleegster, glimlag tog te breed op die drie foto’s by die inskrywing.
LEES OOK: Ma se kêrel mishandel glo hond seksueel, dogter getraumatiseer
LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



