Matriekseun in hegtenis na hy glo gr. 8-meisie verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Matriekseun (19) van Sekondêre Skool Phophi op Tshamulungwi is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n gr. 8-meisie verkrag het.

“Ons kan bevestig dat die polisie die 19-jarige verdagte in hegtenis geneem het weens die beweerde verkragting van ‘n 13-jarige kind. Dit volg op ‘n voorval toe die verdagte na bewering ‘n verhouding gehad het met die 13-jarige. Die ondersoek duur steeds voort,” het Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Matriekseun in hegtenis, verskyn vandag

Volgens Mojapelo sal die verdagte na verwagting vandag in die Mutale-landdroshof verskyn. Die meisie het glo intussen twee keer probeer selfdood pleeg. Daar is toe besluit om haar intussen uit die skool te verwyder.

Die departement van onderwys in Limpopo het ook hulle skok en kommer oor die voorval uitgespreek.

“Ons is onlangs ingelig oor bewerings van verkragting onder leerders by Sekondêre Skool Phophi. Dit it is natuurlik ernstige bewerings wat ons nie ligtelik opneem nie en daarom het die distriksdirekteur van die gebied die saak ondersoek,” het Tidimalo Chuene, woordvoerder van die department van onderwys, gesê.

LEES OOK: Ma se kêrel mishandel glo hond seksueel, dogter getraumatiseer

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.